Self sorg (Sien meer informasie verder af op hierdie bladsy)
- Jagters kamp (maksimum 15 persone)
Jagters = R 330 p/p/n :: Nie jagters = R 280 p/p/n
- 3 x Private chalets (2 persone per chalet)
Jagters en nie jagters = R 430 per persoon per nag
- Midweek special (Maandag tot Donderdag)
Bly 4 nagte, betaal net vir 3 nagte
- Aankoms tyd & verlaat tyd
Kan inboek teen 12:00 en moet uit wees teen 10:00 vm. Geen jag op laaste
dag.
Additionele kostes
Geen
Koel kamer vir gejagte diere
Yes
Ingesluit in die bogenoemde tariewe
Private gebruik van die akkommodasie
Redelike hoeveelhede vuurmaak hout
Koelkamer en slag fasiliteite
Voltydse diend van 'n spoorsnyer
Optel en vervoer na slag geriewe van gejagte diere
Slag en voorbereiding van gejagte diere (boude & blaaie)
Permitte vir die vervoer van vleis van gejagte diere
Gebruik van skietbaan vir inskiet van gewere
Ten volle toegeruste kombuise
Beddedgoed (bring eie handoeke)
Uitgesluit van die bogenoemde tariewe
Soek en spoorsny van gewonde diere met opgeleide jag honde
Kos, speserye, koeldrank en drank
Slag vir trofee teen R150 per dier
Fooitjies vir spoorsnyers, slagters en skoonmaak personeel
Diere soos hier onder gelys (gejag of gewond)
Diere beskikbaar vir biltong jag
Vroulik
Manlik
Rooibok
R 750
R 1000
R 1500 (+23")
Blou wildebees
R 2500
R 3000
R 3500 (+28")
Koedoe
-
R 10000
Eland
R 6600
R 8000
Gemsbok
R 6000
R 6500
Vlakvark
R 800
R 800
Waterbok
R 4000
R 6500
Neem kennis
Net diere soos hierbo gelys mag gejag word. Indien diere wat nie op die lys is nie
gejag of gewond word, sal die bestuur 'n boete ophef vir die vervanging vn die gejagte of gewonde
dier. Die bedrag sal deur die bestuur bepaal word.
Diere wat nie op die lys verskyn nie, kan gejag word op ander plase in die
omgewing.
Die slagters kan trofee slag doen teen R150 per dier.
Die bogenoemde tariewe is op "walk & stalk". Daar is 'n jag voertuig beskikbaar
teen R500 + brandstof indien verlang word. Praat met die bestuur op die plaas.
Die bogenoemde tariewe sluit 14& BTW uit.
Meer omtrent die jag en diere
Die kwaliteit en kondiesie van die diere is besonders goed. Ons het meer as 450
rooibokke en 200 blou wildebeeste op die plaas. Ons het ook van die mooiste gemsbokke in die
bosveld. Verlede jaar (2011) het ons jagters gehad wat 40" en 41" gemsbok bulle gejag het, wat
besonderse groot bokke is. Ons het ook heelwat elande en fantastiese waterbokke wat bo 27"
is.
Ons verkies om te loop en jag metodes. Ons spoor snyers en gidse is goed opgelei en ken
die plaas soos die agterkant van hul hande. Dit help baie as daar na spesefieke species gesoek
word. Die gidse weet in watse areas hierdie diere meer gereeld gesien word. 'n Jag voertuig
is beskikbaar teen R500 per dag + brandtof vir jagters wat dit verkies of wie fisies nie vir lang
tye in die bos loop nie. Indien belangstel in die voertuig, moet dit met die bestuur op die plaas
gereel word. Daar is baie ander dier soorte op die plaas as wat bo gelys word. Ons jag hulle
nie hierdie jaar nie. Dit kan wel deur die bestuur op die plaas gereel word dat diere wat ni
hierbo gelys is nie, op ander plase in die omgewing gejag kan word. Geweer jagters moet hulle ie
gewere verskaf, aangesien ons nie gewere uit verhuur of verskaf nie.
Ons het baie goeie skuilings (pit blinds) vir boog jagters. In die verlede het boog
jagters baie groot suksesse gehad op ons plaas.
Akkommodasie
Die akkommodasie is van 'n goeie standaard, waarvoor ons baie komplimente ontvang
van ons gaste wat al by ons gebly het.
Jagters kamp:
Die jagters kamp het 'n groot kombuis wat ten volle toegerus is met alles wat nodig is
om te kook en eet, asook 'n vrieskas en yskas. Al wat u moet saambring is kos, speserye, koffie,
koeldrank en drank. Daar is ook 'n groot braai area met pool tafel onderdak is. Die kamers het 2
tot 4 beddens per kamer. Daar is twee badkamers vir die mense in die jagters kamp.
R 330 per jagter per nag
R 280 per nie jagter per nag
Private chalets:
Ons het 3 private chalets, elkeen met twee enkel beddens en aangeboude badkamer.
Die chalets is baie privaat en het 'n private boma met braai geriewe, asook ten volle toegeruste
kombuis wat net deur die chalets gebruik word. Bring net eie kos, speserye, koffie, koeldrank
en drank. Daar kan twee mense slaap per chalet. Maksimum hoeveelheid mense in totaal in die
chalets is ses mense.
Ander fasiliteite
DSTV en swembad
Besprekings
Dit is belangrik dat daar so vroegtydig bespreek word, veral as julle beplan om oor
skool vakansies of 'n naweek te kom jag.
Voltooi en "submit" ie onderstaande besprekings vorm. Ons sal jou kontak per epos met
meer inligting ens.
Betalings en bevestiging van
besprekings
Die dag tariewe moet in vol betaal word, voordat ons enige bespreking sal bevestig.
Hierdie betaling kan direk in ons bank reening inbetaal word. Die gegewens sal aan u per epos
gestuur word.
Diere gejag of gewond word op die laaste dag voordat u vertrek in kontant betaal,
aangesien ons nie kaart fasiliteite op die plaas het nie. Geen ander betalings metode sal aanvaar
word nie, tensy vooraf gereel.
Geweer en boog biltong jag geleenthede vir Suid Afrika jagters op jag wilds
plase naby Johannesburg, Pretoria, Northam, Ellisras en Thabazimbi. Goedkoop bekostigbare biltong jag Blou
wildebees, Bosbok, Blesbok, Eland, Gemsbok, Kameelperd, Rooibok, Vlakvark, Waterbok, Rooi hartebees, Nyala en
Kwagga Zebra. Self versorging catering jagters kamp akkomodasie en privaat kamers of chalets rondawels. Luukse 4
ster game lodge alles ingesluit. Biltong jag in Limpopo and Noord Wes provinsie